: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Wednesday 16 March 2016

In die bos naby Bonnieux

Soms word die vreugde van reis vertroebel deur een negatiewe insident.
    So kom vier vriendinne in Oktober 2015 - na lang gesukkel van regte roete vind - by Valery se sederwoud-tuiste 4 plus 4 km van Bonnieux aan.  Die verspoelde pad het al die nerwes omgekrap en toe ons net een nag instede van 3, soos bespreek, wou slaap, weier die meesteres van die huis.
    Sy laat nie haar beddegoed omkrap vir een nag nie.  Telefoonoproepe na die besprekingsagent volg en uiteindelik kom Ina op uitsluitsel af. Ons betaal die helfte van die tarief, m a w vir een en n halwe nag en soveel ontbyte en ons waai.
    Ai, ek kon darem Valery se toilet in 'n kas in die hoek van haar huis gebruik en so kry ek kans om haar byna lewensgrootte papier mache poppe af te neem:




                                  ... en ook ietsie van haar interieur...

... en ook 'n idilliese sitplek buite ...
     en dan verlaat ons haar tuiste met 'n verspoelde pad na die beskawing en suid na Lormarin waar daar 'n verrassing op ons wag ...



No comments:

Post a Comment