: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday 5 May 2014

Magnetiese krag van Berlynse MUUR

In November vanjaar vier die Duitsers, en veral die Berlyners, 25 jaar van die val van die muur.
  Groot vieringe vind dan plaas en die stad is in rep en roer om 'n groot fees daarvan te maak.
  Sedert die muur tussen die DDR en die Bundesrepubliek in 1961opgegaan het, is dit 'n magneet vir toeriste en sedert die val in 1989 soveel te meer.
  Ek het tweemaal Bernauerstrasse toe gery om die loop van die muur en die dokumentering daarvan te bestudeer. Die Bernauerstrasse U-bahn stasie was een van die "spookstasies" gedurende die DDR. Dit was heeltemal geblok en toegebou. Ongeveer 9 ander stasies was ook in die sosialistiese tyd toe.

                                           Tonnel 57:   ondergrondse tonnel wat van 'n verlate                                      buitegebou in oos-Berlyn na wes-Berlyn gegrawe is en waardeur  57 mense oor 'n tydperk van 'n paar jaar ontsnap het.   Die vlugroete is vlakby die U-bahn stasie en vorm deel van die dokumentasie-sentrum.
                        Plek waar polisieman na weste gevlug het tydens bou van muur in 1961

Die pad van die muur word onthou deur hierdie ry verroeste ysters wat voorheen in die gewapende beton toegevou was.
Twee blilnde susters van Nederland "kyk" na die muur.

Hierdie voormalige wagtoring en uitkykpunt word nou opgegradeer vir die viering van 25 jaar "sonder muur" wat in November vanjaar plaasvind. Dit maak deel uit van die Bernauerstraat-dokumentasiesentrum.

BY DIE EASTSIDE GALLERY langs die Spreerivier is 1.3 km van die oorspronklike muur nou die grootste buitelug kunsuitstalling in die wereld. Maar soos ontwikkeling nou vlamvat in Berlyn sal dit seker nie vir altyd daar kan staan nie.Verskeie kunstenaars is genooi om panele te verf.   Ek het op 'n koue, winderige middag daar gaan stap ... hier is drie van die werke:



Op Potsdammer Platz - by die U-bahn uitgang -  is daar 'n stuk muur geposisioneer wat nou as fotogeleentheid vir toeriste dien...

en aan die anderkant van die plein, naby die Dali Museum het ek hierdie een gesien...
Die streep voor die twee muurpanele is die aanduiding van waar die muur was. So het ek langs. op en oor baie van die grense geloop. Die geskiedenis van verdeling en verraad en nyd en lyding vas aan my voetsole. En dankie gese vir vryheid. Hulle s'n en myne.

No comments:

Post a Comment