: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Tuesday 20 May 2014

Berlynse (vlooi)markte!

Daar is 'n rits snuffelmarkte in Berlyn en die meeste word op Sondae gehou.
    Die eerste Sondag is ek met die U-bahn na Bernauerstrasse en toe na Arkonaplatz gesoek.  Daar sien ek 'n pragte trio porseleinkoppiestel en heel week pla dit my dat ek nie nie gekoop het nie. Veral nadat ek by die befaamde Kaufhaus des Westerns gesien het hoeveel 'n Meissen-trio kos!
     Die volgende Sondag sit ek toe weer as soontoe. Maar maak eers 'n draai by die Mauer-markt. Daar is lewendige musiek en kos vir Afrika. Die handelaars verkoop van speldekkoppe tot hoendertande. Dit raaak vir my te veel toe ek mooi serpe sien en agterkom hoeveel Made in China items daar op die mark is. Dan terug na Arkona...
                                                                   Made in China
                                                                  Van Siberie of Sjina?


                                    Arkona is 'n klein markie maar daar is van alles en wat...









    Ek het nie 'n foto van die koppie geneem waarvoor ek 'n spesiale rit gemaak het nie, maar net daar
het ek tot die besef gekom dat ek te veel goeters het. Dit is oor en oor vir my in erlyn bevestig. Die laaste keer in Galleries Lafayette, die bekende Paryse winkel met tak in Berlyn.

                                                 Het reeds so'n sjokolademeisie tuis...

No comments:

Post a Comment