Die winkeltjie is 'n belewenis:: iets tussen negosie, museum en welsyn. Dit kos mooitrap en lyfdraai om alles te sien en niks af te stamp nie. En dit is nou nie asof ek nie "clutter" gewoond is nie.
Nadese het ek nodig gehad om in 'n ander ruimte te wees en afgesit Infood toe, waar daar 'n versameling teepotte is en 'n klant se tert op 'n pragtige beenporseleinbordjie bedien word.
'n Verposing in die rustige teetuin het hierdie beelde opgelewer:
No comments:
Post a Comment