: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday, 7 March 2016

Goeiedag Vincent!

Vincent van Gogh het van sy meeste en beste werk gelewer in die jaar wat hy as geestesversteurde in die St Paul klooster deurgebring het.
   Die meer as twee-eeue oue gebou was binne stapafstand van ons verblyf in St Remy.   'n Dag om te onthou...
                                             Saam met Tinie en Roline by die ingang tot St Paul

                                            Roline by een van die afdrukke wat oral langs
                                             die Van Gogh-roete in St Remy angebring is.

                                              Planteweelde in die rustige binnehof



                                                        Bronsbeeld van die kunstenaar
                     Lessenaar in Vincent se sel (natuurlik nie die oorspronklike sel nie!)
                                                   
     Wonder hoeveel keer Vincent hierin behandel is...
                     
                                     Tydens ons besoek was hierdie uitstalling aan die gang.

Stormweer in Arles

Tydens my tweede besoek aan Arles in Oktober 2015, sak 'n reenbui gepaardgaande met stormwind uit. Ek en vriendin Roline dra elk 'n dun SA welsynsreenjassie en probeer droog bly onder 'n opvousambreel!

    Vincent se replika Geel kafee is gepak, maar ons kry knus plekkie by toonbank vir welkome warm koffie.


                                                   Twee verlore siele buite onder seildak
                          Ingang van Van Gogh Stigting se uitstalruime - ongelukkig gesluit!

Ons moes tevrede wees met besoek aan Galery Reattu in 'n Renaissance gebou....  en daar kyk 'n bank gelaai met Picasso-kussings vir ons ...

                                       .... en kan ons droogword tussen werke in verskeidenheid mediums....






Thursday, 3 March 2016

Saam met my Hugenote voorvaders in die 17de eeu

In Oktober 2015 besoek ek Bergerac en Monbazillac in die suid-weste van Frankryk. Hier was my voormense bedrywig as kleremakers en deeltydse wingerd-en-wyn werkers. En van hier het Pierre de Labuscaigne vir sy geloof gevlug.
    So gaan ek terug, sonder om kwaad te wees vir die Katolieke Kerk of vir enige persoon of instansie wat verantwoordelik was vir onreg.   Met Casper Labuschagne se boek oor my voorouers gepubliseer deur die Hugenote-vereniging, was dit nie nodig om in n argief of register te krap nie.
    Ek was daar om die atmosfeer in te drink!  Om die stadige vloei van die Dordogne te ervaar en die gloed van die herfsgety te beleef.
                                                             Bergerac aan die Dordogne
                                                                Brug oor die Dordogne
                                                   Tipiese Bergerac huis in die middedorp
                                                                       
Protestantse tempel... ongeveer twee eeue oud. Die
oorspronklike een is in die 17de eeu vernietig en die mark staan nou op sy plek.
Vriend Hendrik by standbeeld van Cyrano de Bergerac
Skets van die dorp in die besige handelstyd
In die wingerde aan die voet van die Monbazillac kasteel
Uitsig oor die wingerde en kalkgrond vanaf die kasteel
Edelvrot druiwe waarvan die bekende Monbazillac desertwyne gemaak word.
My jolige voorvaders in die17de eeu

Monday, 8 February 2016

By Monsieur Andre in St Remy-de-Provence

Andre Mollard en sy vrou verhuur gastekamers (ontbyt ingesluit)  in hulle ou plaashuis net buite St Remy op die Van Gogh roete.
    By vertrek na ses dae in Oktober 2015 het dit gevoel of ek familie groet.
syaansig van Des Trois Cypres

Foto uit my kamervenster van die ontbytstoep
Aansig op kombuisingang
Roline voor die deur wat na die gastekamers lei
Roline se herfs spanspekgereg - een middag op die stoep geniet
Die pragtige vloerteels in my kamer en eg Provensaalse stoel (onder)

Thursday, 28 January 2016

Monday, 23 November 2015

Vriendin Christine se soeke na voorouers in Italie

Saam met Christine en vriendinne Ina en Roline om my vriendin van 44 jaar se Hugenote voorouers se spore te volg. Die Malan voorsate het oorspronklik in die valleie suidwes van Torino gewoon. Hulle is van die pure voorloper Protestante wat vandag nog bekend staan as die Waldense.
     So is ons dus einde September 2015 na Torre Pellice,  die hoofkwartier van die Waldense in die hele universum.
'n Hele middag in insiggewende museum.
Heelwat grafika oor Waldense se vlugeskapades
Onder: Christine by standbeeld van voorvegter. Let op die Bybel in sy lyfband
Ons het verblyf gekry in selfsorgeenhede in Casa Vacanze Provenzale
Christine dek tafel en Roline kook!
Slimste kombuis wat ek nog ooit gesien het.... in eerste foto is deure en flappe toe.
onder is dit werkende kombuis!
uitsig van balkon van Casa Vacanze





Tuesday, 17 November 2015

Italiaanse interlude: Torino!

Die Piedmont-streek is vir talle smulpape 'n moet ervaring.  My besoek aan Torino einde September 2015 was blits, maar onvergeetlik. Vir die oningeligte is dit die stad  van Fiat en ander motorvervaardigers, maar kyk die besoeker na die geboue, is dit duidelik ook 'n koninklike stad want hier is Italie gedurende die 19de eeu verenig onder Victor Emannuel ...    toe het Rome die hoofstad geword.
Onder: Vriendinne Roline, Tinie en Ina poseer vir foto by die geel huur-fietse 

Argitektoniese style is 'n lus vir die oog.. Barok. Rococco, Renaissance, Neo Klassiek en Art Nouveau. Die vele openbare pleine, wandelgange, kollonades getuig daarvan.

My erfstukstoele voor restourant in een van die vele kollonades


Advertensie vir fynproewer-sjokolade




My koffiekoppie... ontbyt in die Hotel Amadeus.


Onder:     In hierdie stad is kwaliteit in eet en drink oral sigbaar.
Tot in 'n medium-prys hotel is die ontbyt uitgebreid en van die beste.















Porta Susa treinstasie onder    ... opera en die kunste is belangrik in hierdie pragtige stad in die Noordwestelike hoek van Italie.

   Twee nagte in hierdie besonderse stad was 'n verrassing en 'n bederf.