: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Showing posts with label henningsfontein. Show all posts
Showing posts with label henningsfontein. Show all posts

Sunday, 18 November 2012

My neef skeer skaap

Ek ry Henningsfontein toe want my tante vier haar 85ste verjaardag.

                                     Afdraai Suurberg toe uit die Middelburg-Steynsburg pad

   Neef Andre se span skeerders is pas weg, maar sy eie werkers woeker nog in die skeerhuis. Ek stap in en kry die lankvergete reuk van lanolien.
   Alles lyk nog net soos in my oom Kobus se dae toe ek 'n opgeskote enetjie was. Die hout- en draadhokkie vir die sorteer. Die tafel met sy houtrollers. Die baler. Andre het net die proses van pres verbeter.
Andre van der Walt, my tannie Connie se jongste seun


Patrick en Andries druk die wol vas in die baal

Die baal  - van sintetiese stof - word met hakies toegemaak.
Ek onthou nog die baal van going wat met 'n els en tou toegewerk is


Die bale is gemerk en reg vir die veiling in PE
Skeerhuiskat
Tannie Connie maak lekker krummelpap


Vroulike helpers Nicolette en Lucky met hulle kinders
Chandre en Suster







Tuesday, 13 March 2012

Na reen in die Karoo ...




Februarie kuier ek op Henningsfontein tussen Middelburg en Steynsburg. Connie en Kobus van der Walt was my tweede stel ouers en ek ken die plaas al 60 jaar.Weinig daar gekom toe werk en gesin prioriteite was. 
     My kuier van 5 dae is gekenmerk deur modder waar daar in my geheue stof was.  Twee heerlike donderstorms en 'n volmaanaand wat deur wolke verskans is...


      Veldstap was brandstof vir liggaam en siel. Laatmiddag het die wolke soos spookasem gelyk en die kleure 'n simfonie.  Om laatsomerveldplante te sien juig, 'n groot heerlikheid.


Windpompe bly vir my verstommende strukture.
Hierdie een was steeks vir 'n paar dae maar twee werkers het dit gou weer in rat gekry!
 


Vingerpol soos ek hom nog nooit gesien het nie



Die Bulbinella in al sy glorie  ... ek noem hom Lieweheerspleister

Blommetjie gedenk aan my ...


Die een loer vir alles en almal wat verbykom ...



En die miere maak reg vir winter ...    Kyk hoe rus die druppel op die bolplant (onder) se groen gesig...
Kleintyd het ek kaalvoet hier gehardloop. Nou is dit wys om my tante se kierie op stap te neem ...


Wanneer die wandeling eindig is daar die vreugde van afdaal na die agterkant van die bekende plaaswerf...