sonder om 'n opera by te woon. Teen 6 euro per persoon was dit goeie waarde.
Toeriste stroom na hierdie rondleiding en gidse kan verskeie wereldtale praat. Dit
was 'n 90 minute van glans en inligting... die moeite werd.
Mozart het self het vir ons die pad gewys ...
Ontmoet Gustav Maher op die trap ...
'n Groot gedeelte van die operahuis is gedurende
WW II gebombardeer. Hier is ons op die eerste vloer
in 'n ontaalsaal wat die vernietiging vrygespring het.
'n Plakkaat van Mimi Coertse in die museumwinkel
en foto (onder) in die Opera-museum wat in 'n aparte gebou gehuisves word.
Ook in die Opera-museum: Foto van Fritz Wunderlich (regs onder).
Hy was een van die eerste tenore wat ek leer ken het. My oom Kobus van der Walt
was 'n liefhebber van klassieke musiek en het een van daardie lang slap Pilot radiogramme gehad.
Kostuums in die Opera-museum
Groot skerm aan die voorkant van Staatsoperwaar verbygangers vanaf 19:00 elke aand
'n voorsmakie kan kry van wat op die verhoog gebeur.
Hier word Donizetti se Dogter van die Regiment geadverteer.
Ek en Kia in die ouditorium
Die metro vir die operahuis laai jou af op die Karlsplatz-
stasie. Gou hoor jy musiek, en dan is dit nie 'n busker
nie, maar 'n wals wat jou na die openbare gerief lei ...
Konserte word oral geadverteer ...
Mozart in die museumwinkel
No comments:
Post a Comment