: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday 27 May 2013

Sondag in Wene

Wene is een van Europa se voorste stede:  hoe lewenskwalitiet, opulente geboue, wye strate en 'n unieke binnestad danksy die heersers van die voormalige Habsburg-ryk tot by die uitbreek van WW 1.
          Ek was 35 jaar gelede in die hoofstad van Oostenryk, maar hierdie keer was weereens 'n oopmond/grootoog-ervaring soos uitgebeeld in hierdie poskaart...



  Die eerste Sondag in Mei was 'n ontdekking van die stad binne die ou stadsmure, nou die Ringstrasse. Die  Ringstrasse (meer as 5km sirkelroete) is 149 jaar gelede op die ou stadsmure uitgele in opdrag van Keiser Frans Josef.   Die praalgeboue daar verteenwoordig talle argitektuurstyle.
.


Interessante hoekies, nisse ens net waar jy stap...

Voor die Spaanse ryskool
Rindsuppe by s'Mullersbeist in die 1ste distrik

Kia se Wiener Schnitzel met pietersiele-aartappels en appelsap by Mullersbeist - ons eerste
 aansit-maaltyd in Wene

Bank vir publiek by die MAK
Bo en onder:  Uitstalling by MAK van "gebreekte meubels"
... en dan 'n uiteenlopende versameling van "sitgoed" ...




BRIEF UIT WENE aan VRIENDE(inne)  - 6 Mei


Gisteraand was ons so voetseer (en ek het nog pyne op ander plekke ook gehad) dat ons voor sononder (8:30) al terug by Hostel Rutgensteiner naby Westbahnhof was.

Dit was 'n pragtige Sondag. Families op straat en in die parke.Die sagste gren bome. Pers tulpe. En oral word die mens tot orde geroep. 36 euros as jou hond in die blombeddings poepplek soek. Oral bussies om die dier se uitlaat weg te gooi. Naby Schonnbrun-paleis het ons twee manne sien patroleer ... hulle is die Waste Watchers.

Ons het nou byna al die U-bahn onder die knie. Eers erg verdwaal. Gister so in die soeke na 'n (goedkoop) tradisionele restaurant 'n vrou ontmoet wat in Tjeggie gebore is. Sy het ons vertel van hulle ontsnapping na die Weste toe sy 6 jaar oud was.

Die hoogtepunte van gister se ervanrings: 

+  besoek aan die MAK - museum vor Angewante Kunsten  (sp)   waar ek die werk van die Wiener Werkstatte kon sien wat ek vir jare net in boeke kon sien.

+  ons eerste aansit-ete van tradisionele Wiener Schnitzel en Rindsuppe (dun sop met EEN ' groot frikkadel daarin) - gedeel natuurlik!

+ Schonnbrun paleis.  (net die gronde - want ons moet ons euros oppas)

+ Tegniese museum waar ons byna 3 uur deurgebring het, maar waar 'n mens 'n jaar nodig het.

+ Die Hofburg kompleks insluitende die Spaanse ryskool (ook net van buite)  en die St Stefans-kerk.

Ons het die Naschmarkt besoek waar die interessantste eetgoed te koop aangebied word.  Kia het 'n kwart van 'n draakvrug gekoop - 'n hele een kos R120.  Dit was net 'n proesel en gladnie buitengewoon lekker nie.  Peink vleis met swart spikkels ... wel 'n "memory" werd.

Gesoek na die vlooimark. Steeds soekend.   Op 'n bierfees afgekom. Die mense het die vermoe om enige plek 'n fees op te slaan!

                                                             Grafitti en swartskape
                                                   Grafitti tot in die eerste distrik van die swierige stad
                                                 Boek oor Jode in Wene in 'n boekwinkel raakgeloop.
                               Baie reels vir honde in Wene, maar langs die Donou-kanaal mag hulle vry rondloop...
                                        maar meestal moet die eienaar 'n leiband gebruik (onder)


No comments:

Post a Comment