Skaars afgepak of Agnes wys die spyskaart vir die hele verblyf. Die is in die kombuis opgeplak en lyk asof dit in die parlement hoort. Ook die beskuit en inmaakbottels vir huistoe saamvat staan gereed. Daar is tot twee gebakte skaapkoppe vir my. En sult soos my ma dit gemaak het wat in die vrieskas wag.
Op ons laaste aand in Upington is die kameeldoringhout nader gesleep en die vuur gepak. Behendig, soos 'n wenner van 'n nasionale braaikompetisie, het sy met die wors, sosaties en tjoppies omgegaan.
Herfsaand met koplanp - Agnes aan't braai!Die volgende dag was daar roosterkoek in ons padkosblik |
No comments:
Post a Comment