: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday, 27 May 2013

Naschmarkt in Wene

Saterdagoggend en die bekende mark word oorstroom deur inwoners en toeriste...
                                                    Kia koop 'n porsie Draakvrug ...

                                                                    Lente is aspersietyd

In die omgewing van Naschmarkt is daar talle antiek-, vintage- en retrowinkels. Hierdie een was besonder interessant met sy ware wat 'n honderd jaar van ontwerp uitbeeld.


Tuesday, 7 May 2013

Aankoms in Wene

Arriveer via Kairo ... op die lughawe reeds wink 'n nuwe wereld...

                                                        Gustav Klimt is nou die "trend" in die stad. Van kunsuitstallings
tot poskaarte, potlode, penne, handsakke, serpe en sambrele. Afbeeldings van Die Soen... oral.
                                                             'n Gourmet Spar op die lughawe

Ons het pas nesgeskop by Hostel Ruthensteiner naby Westbahnhof, toe Kia die Kostnix-winkel wou besoek. Tram 18 het twee moee mense in die omgewing besorg en toe is ons te voet verder na die adres.
Kia met kaart in die hand...
                                                          Kia in die Kostnix-winkel ...
'n Pakkie welsynsgoed afgelewer, maar niks tussen die rommel gevind
wat ons wou wegneem nie.

                       Kia voor die Kostnix winkel waar 'n mens 3 items per keer gratis kan wegneem.
                                                            Laataand in MariaHilferstrasse
                                               Westbahnhof:  Monument ter ere van die kinders
                  wat gedurende WW II met die Kindertransport weggeneem is ... hoofsaaklik na Engeland
                                                           
Kia se muispantoffels bespied die wereld uit ons kamervenster
  in Robert Hammerling-gasse


Kia in die gesellige binnehof-tuin

Saturday, 27 April 2013

Lekker op Plett ontspan


  Uitsig vanaf die Beacon Isle Hotel in die rigting Robberg
Plettenbergbaai is nou maar 'n aangename kusdorp, maar wanneer 'n mens nog kan lekker bly in die mooiste pophuis, dan is dit ekstra lekker.
   Vir twee nagte het ek Delphine van Eeden se pophuis gedeel. So onthou ek al die oulike hoekies en visuele opkikkers...



Friday, 19 April 2013

Harkerville se Saterdagmark

Wat 'n verrassing ... altyd op die N2 naby Plett gery en dan die terrein van die mark gesien.
   Onlangs was ek op die regte dag in Plett en vriendin Delphine het my op 'n heerlike bewolkte oggend
mark toe geneem...




Ons het die mark van kant tot hoek verken en hier geproe en daar gesels. En toe: die vonds van die dag ...
'n vrou wat geld maak uit mis.  Ek vertel altyd vir mense wat my vra wat ek na aftrede doen, dat ek k*k droogmaak maar hier het ek 'n vrou ontmoet wat dit regtig doen. Sy meng olifantmis met beesmis en sit dan 'n geheime bestandeel by wat die posisie hou van 'n potjie wat sy vorm enn droogmaak. Plant 'n steggie of saailing daarin en  vir maande kry die plant lekker voedsame kos.
So al laggende staan sy by haar potjies en maak dan nog geskenksakkies uit reklamebladsye.

Wednesday, 3 April 2013

Oggend op Babylonstoren

Tussen Franschoek en Paarl, naby Pniel, is daar die mooiste "eetbare" plaastuin wat oop is vir besoek teen net R10.
  Babylonstoorn is eintlik 'n klein boetiek-oord met baie luukse verblyf teen ongeveer R4 000 per nag. Besoek jy die tuin, is jy baie bewus van jou finansiele status en oral is daar diskrete kennisgewings wat die tuinbesoeker "afsper" van die hotelgaste.  Vir my was die ervaring honderde rande werd en dit was 'n oggend van diep asemhaal en 'n organiese belewenis.  En ek was daar met my rooi sandale en blou sonhoed...


Daar is elke oggend om 10 uur 'n georganiseerde rondleiding.  Die luukse egter, was om net te stap en na die kwerslanings (op Europese wyse bedraad), persimmonbome, verskeidenheid tamaties, en pampoenanke te kyk. Onder die druiweprieele en groot vrugtebome is daar koelte-sitplek.'n Verkwikking soos min.




'n Glaskweekhuis is gedeeltelik omskep tot tuinkafee met baie sitplek buite vir klein onthale. Daar kan jy vrugtesap bestel, keuse: groen, geel of rooi... ek het dadelik vir my die groen een by die huis kom maak met spinasie, grasuie en kruie uit my eie tuin. Probeer dit. Voeg aie komkommer en tamatiesap by...





Die winkel en wynproelokaal was my laaste stop, maar eers moes ek badkamer toe. Soveel ruimte vir een mens op 'n keer het my verstand te bowe gegaan: individuele handdoekies, olyfseep en velroom se weelde was nog 'n 'n paar uur saam met my.







Ek sou hierdie plaas weer wou besoek wanneer ek 'n dag met blanko agenda het!

Monday, 18 March 2013

Op soek na Hugenote-wortels ..



Pierre Labuscaigne kom in 1711 met De Brug in Kaapstad aan.
    Hy is in diens van die VOC en is eintlik op pad Indie toe, maar moet mediese behandeling kry. So verpas die skip en plant sy wortels in Afrika. Anders was ek nou 'n donkeringe meisie in 'n baie oorbevolkte land met heilige koeie.
    Hy het sy vrou Marie Bacot en drie kinders in Enkhuizen agtergelaat. Hulle volg hom wel later. Omdat  hy in ongeveer 10 jaar in Nederland goed Hollands geleer praat het, word hy onderwyser vir sy landgenote wat sukkel met die taal.  Die regering se taalbeleid dui aan: Weg met Frans.
    Sekerlik met "uitgediende" tong, kry hy in 1723 grond in die Paarl. Presies 2 morg, 6 roede en 5 voet. Dit moet terugbetaal word - dis nie sommer pasella nie en daar is geen HOP-huis op!
     Hy noem die stukkie onder Paarlberg, Pontac(q). Historiese bronne is nie eens oor die oorsprong van die naam nie. Daar word verwys na 'n klein gebied in die Bordeaux-streek wat Pontac heet. 'n Ander bron se dit was die naam van sy mentor  (die ou wat hom leer klere maak het, want Pierre staan in die annale opgeteken as maistre tailleur wat in Enkhuizen in 'n lakenfabriek gewerk het totdat die onderneming sy deure moes sluit)
    Nadat sy gesin in die Kaap aangekom het, koop Pierre nog 10 morg grond (1933).  So woon, bou en boer die Labuscaignes, wat vandag hulle vanne op verskeie maniere spel, vir 94 jaar op Pontac.
    Deesdae is die knus Pontac Manor Hotel 'n bedrywige plek en 'n paar jaar gelede het die Labuscagne-bond 'n gedenksteen daar ingemessel..(Japie, die kelner, verwys daarna as die grafsteen)
     Op 'n warm Sondag vroeer die maand, neem ek my twee seuns daarheen. Ons word vriendelik ontvang en kry omtrent die vryheid van die plek. So ontmoet ons vir Japie, 'n kelner in die ontbytkamer. Ons wou daar eet, maar die webtuiste wat ek besoek het, is nie opgedateer nie, en tans is middagetes nie meer beskikbaar nie.
    Die Coachman het die voormalige skuur wat in 'n restourant omskep is, oorgeneem en bedien middagetes, maar die helfte van die Paarl se inwoners het reeds daar toegesak. Lafenis is darem in die vorm van 'n glas water in die kroegie beskikbaar...
 Pontac Manor

 
                                                 Ek en Japie in die ontbytkamer waar die pleister
                                                afgekap is om die oorspronklik stene te ontbloot
Die hoendernessies in die skuur - nou vorm dit die basis
 van 'n toonbank in die Coachman-restourant
                                         Die Pontac-personeel praat van die Labuscagne-koets
                                             - maar dit is inderwaarheid 'n kapkar / spaaider

    Op 'n herfsmiddag in 1979 het ek naby die kaai in Enkhuizen gestaan en oor die vaal, lustelose see uitgekyk in die rigting van die eiland Texel waar Pierre in 1711 weggevaar het.
     Ongeveer 300 jaar later gaan kyk ek waar hy in sy nuwe land gespit en gegraaf het, wingerdstokke geplant het en kos vir die huis... en sy moedertaal seker finaal verruil het vir die taal van die Kaap.
     
Eon, Lize Wiid saammet my by die gedenksteen.
(leser, draai jou kop na links)

Hemels op Stellenbosch

Vanjaar se Woordfees-tema was Hemels, en hoewel ek nie die godsdiensgesprekke bygewoon het nie, was soveel lesings en profiele vir my "hemels".
     In die Plataan-kafee (agter Sasol-kunsmuseum) is die tema ook uitgebeeld en net om laatmiddae daar te sit en die bewegings van die feesgangers dop te hou, was 'n ervaring en lafenis.  So ook die R30 melkskommel "rip-off" in 'n heuningbotteltjie ...