Onlangs was ek op die regte dag in Plett en vriendin Delphine het my op 'n heerlike bewolkte oggend
mark toe geneem...
'n vrou wat geld maak uit mis. Ek vertel altyd vir mense wat my vra wat ek na aftrede doen, dat ek k*k droogmaak maar hier het ek 'n vrou ontmoet wat dit regtig doen. Sy meng olifantmis met beesmis en sit dan 'n geheime bestandeel by wat die posisie hou van 'n potjie wat sy vorm enn droogmaak. Plant 'n steggie of saailing daarin en vir maande kry die plant lekker voedsame kos.
So al laggende staan sy by haar potjies en maak dan nog geskenksakkies uit reklamebladsye.
No comments:
Post a Comment