: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Friday, 15 February 2013

Op 'n motorboot in die Noord-Atlantiese oseaan

Tydens my 3-weke vakansie op die Faroe eilande
Sewe jaar gelede nooi Jonalisa en Kristian-Martin Rasmussen my om by hulle te kuier op die klein eilandjie Bordoy - deel van die Faroe eilande. Die hele "nasie" bestaan uit 48 000 mense versprei oor 18 eilande, waarvan 16 bewoon word. Die Faroes is onafhanklik maar word ten dele deur Denemarke bestuur.

 Die naweek by boekklub ontdek ek Chris Stewart se Three ways to capsize a boat waar hy beskryf hoe hy vanaf Engeland na Newfoundland vaar via Noorwee en Ysland. Toe hy en die bemanning verby die Faroes vaar, ervaar ek weer die middag saam met die Rasmussens op hulle motorboot...
           Die Rasmussens se motorboot in die kleinboothawe 
                      van Klaksvik - hoofdorp van Bordoy
     Kristian-Martin en sy drie seuns is in die visbedryf wat 90% van die eiland se inkomste uitmaak. Hulle het 'n reuse fabriekskip wat tydens my besoek in die waters om Ysland visgevang het. Vir die gesoute vissermanne is die seevoels die blomme van die oseaan en dit was juis Kristian-Martin se idee om vir my van die broeiplekke van die "gannets" en "fullmars" in die rotse te gaan wys.
     Ons sou koffie maak in die kajuit tydens die uitstappie en daarvoor gaan ek na die patisserie om "gebakkies" te koop. Ek onthou nog so goed dat ek vir ons elkeen 'n  "Napoleon se hoed" gekoop het - 'n koekie in die vorm van sy hoed met sjokolade bedek.
 Die voels se broeiplekke - my kamera te onvoldoende om dit te wys!
Wat 'n ongelooflike eerste ervaring ... om so ver noord teen 'n hoe spoed te vaar. Kristian-Martin het net gewag dat ons die filterkoffie klaar gemaak het toe trek hy daardie brandstofklep oop en voer toertjies uit. Jonalisa, wat die see ken, moes vinnig af na die kajuit toe. My maag het gedraai en erg met die koffie en Napoleon gespartel maar ek het uitgehou en gemaak asof ek dit elke dag doen.
 Klaksvik - uitsig vanaf Jon Rasmussen se huis
    Kristian-Martin en Jonalisa Rasmussen
                                                       Waar die wind altyd waai ...    


                                         

Monday, 31 December 2012

Massas antieke langs die N2

Ongeveer 8km buite George, by die Kraaibosch-sirkel is daar 'n antiekwinkel wat enige liefhebber se reis na PE of Kaapstad met ongeveer 2 uur kan vertraag...
      Wat 'n vreugde om soveel kosbaarhede te mag aanskou. Maurits Lammers se winkel is vir my sinoniem met 'n privaat museum. Spesifiek dit waarvoor ek 'n spesiale belangstelling het: 'n porselein-museum...





Die winkel so is volgepak, die stoele hang aan die plafon om plek te maak vir klante om tussen die tafels en kaste te kan beweeg.


                                                                               

Thursday, 13 December 2012

Boeke, koeke en kuns op George

Heerlike verposing op George weg van al die geharwar van die massas se Kers-inkope.
     Vanoggend by The Blue Forest boekwinkel ingestap. Wat 'n ervaring... van Afrikaans tot Africana en die eienaar, ene Wolfgang is beide hulpvaardig en vriendelik.



   Daarna heerlik by Meade ontspan... 'n koffiewinkel met atmosfeer. Daar was gebakte kaaskoek vir my en 'n croissant vir Rika. Keurig en smaaklik


Gister het ons dit op 'n eg Franse manier gedoen. Heerlik in die piepklein tuintjie voor die La Petite gekuier.


                                     Aarbeimousse vir my en 'n amandel croissant vir Rika
                                                          Rika by die broodtoonbank

                                                                               



   Om nie te praat van die keramiekateljee nie ...By Wonki-Ware kan jy ure deurbring.



Klante word ook toegelaat in die fabriek waar jy die proses van wiel of vorm kan sien tot by die glasuring en die laaste vuur in die oond.


Die Strydom-galery het gesorg vir 'n verkwikkende uitstappie ...




Besoek aan George se Botaniese Tuin

'n Magieselaatmiddag saam met Rika Malan en haar honde Pippa en Bonnie in die botaniese tuin ...

                                                    Eensame varkoor by die ingang ...







Weerkaatsing van berg in dam met Egiptiese gans

Weerkaatsing van oewerplantegroei met gans op dam





Wednesday, 12 December 2012

Verjaardag en boeke in Somerstrand


Saterdag hou ons boekklub by Biffie Joubert se huis en ek vier sommer 'n stukkie van my 66ste verjaardag met voorgereg, Kaapse Vonkel ver-verby-raklewe en feesklere uit die welsynswinkel, saam met my gasvrou se verversings.
    Hoeveel lyf kan een rok klee?
                                                     
       Tinie wag vir die vonkelprop om te pop
                                                        Saam met Tinie Malan by Arjan se swaai
  
     Ek en Ina Randall

    Roline Norval - vriendin sedert 1981
                                                           
   Saam met Helena Kolbe
                                                 

Thursday, 6 December 2012

Middag by die Dooie see

Gister kry ek 'n pot room met minerale uit die Dooie see as geskenk...
    Dadelik aan my ervaring in 2009 in Jordanie gedink. Ons klein toergroep het vanaf berg Nebo gery en binne 'n halfuur tot onder seevlak gedaal. Die aand sou ons by 'n deftige oord oornag en daar was twee uur vry om 'n dryf-ervaring te geniet... maar voor dit eers die moddersmeer-ritueel waar jou lyf dan met die minerale gevoed word en jou kwale soos mis voor die son verdwyn sou jy stap totdat die modder droog word aan jou lyf voordat jy dan in die water skoonkom.  (Die modder is maar taai en dit neem 'n paar keer se stort daarna om weer jouself te wees)
   Ek moes vir my niggie Martie wag om in ons hotelkamer in haar see-klere te klim en so arriveer ons toe later as ons toervriende by die waters.  Dit was 'n gulde fotogeleentheid  ...

Tuesday, 20 November 2012

Ritz verby rose in die Karoo

Daar woon 'n roosboer in die "ou" deel van Cradock - met 'n erf tot teenaan die rivier. Hy pluk tans die derde seisoen se rose en bemark dit onder die Bankberg-etiket.
    Vanaf David Muller se stoep sien jy die Bankberg. Vandaar dan die naam. Hy het ongeveer 2 000 struike onder skadunet en dan is daar die bestaande rose  in die oop tuin.
    Hierdie fotos van sy rose en ander snyblomme is twee weke gelede geneem:
                                                                               Inca lelies
Leeubekkies
Delphiniums groei skouerhoogte onder 
die skadunet
Ongesteurd in die oopte ...
Ou Kaapse roos buite
David se Breestraat-tuin

Hierdie ou Kaapse rose het ek Henningsfontein 
toe geneem vir tannie Connie se verjaardag