: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Showing posts with label gozo. Show all posts
Showing posts with label gozo. Show all posts

Wednesday, 11 May 2016

Sondag blitstoer van Gozo

Onder leiding van my vriendelike Couchsurfing gaspaar, sien ek een Sondagoggend in April meer van Gozo as wat ek ooit kon droom.
    Eerste aan die beurt in "Fungus Rock" in Dwerjabaai...


Fungus Rock Description & history

A fungus, Fungus Gaulitanus, which grows on the rock had medicinal qualities and this fungus was used by the Knights of St. John.
 They valued the fungus so much that they guarded the island. A penalty of death was imposed on any one trying to steal the fungus.
Because the cliffs of the island are shear and high, the knights erected a man carrying hoist system between the island and the land, to facilitate the collection of the fungus
The locals call Fungus Rock Il-Gebla tal-General, which means General's Rock                 Bron:  Malta-info

Daarna besoek ons die Asuur venster ... en langsaan  (foto, tweede onder)  nog 'n geologiese wonder, die "blou gat" of binnelandse see...


The window is a towering rock formation reaching 328 feet high with a precarious table structure that makes it popular for cliff divers. Yet below is another wonder with a collapsed underwater limestone cave known as the Blue Hole. It's accessed by divers through a 262-foot tunnel, and underwater you can find a beautiful array of marine life including octopi, fire worms, and sea horses.           Unfortunately, the Azure Window is wearing down. In April of 2012, it got a little wider when part of it broke off. But there's apparently already a plan if the worst happens, and upon its collapse it will be rechristened the Azure Pinnacle. 
... en dan na Ta Pinu Basilika... die kerk in die veld met 'n interessante (Katolieke) storie...   gaan na:  http://www.marypages.com/OurLadyofTaPinu.htm
Op die klein eiland is niks 'n dagreis ver nie... en hieronder is ons by die soutpanne...  daar is 'n verduidelikende video op YouTube as my leser meer wil weet.

 en dan na Ramlabaai en die grot                                                                            van Calypso

stap deur Calypso se grot (This site is thought to be the same cave Homer mentioned in `The Odyssey' where Calypso, the beautiful nymph, kept Odysseus as a `prisoner of love' for seven years. .)...
dan wag die tenoorgestelde uitsig op Ramlabaai jou...

Dan ry ons na Victoria waar ek op my eie kan verken...
maar eers stop ons om 'n lukwart te eet in Gordon se pa se deel van 'n gemeenskapstuin buite die stad...


Rustig in 'n stil straatjie in 'n woonbuurt naby die Citadella





Friday, 6 May 2016

Vreugdedag in Victoria

Gozo se hoofstad word Victoria genoem... sommige mense praat nog van Rabat, soos dit gedurende die Turkse besetting bekendgestaan het.
    Dis 'n rustige stadjie, maar wel die besigste op die eiland met sy inwonertal van 30 000. Die grootste aantrekkingskrag is die pas geresoureerde Citadella.  'n Dag daar tussen die mure en die museums was te min en ek moes teruggaan om verder te verken.  Hier is my ervaring van die kerk en die omgewing...


 Die katedraal van Gozo met sy barokfasade

             My voet op die marmervloer vol herdenkingstene van belangrike afgestorwenes






Die tempel van die reuse op Gozo

'n Hoogtepunt van my besoek aan Gozo was die tempelkompleks buite Xaghra...

Bron: Wikipedia: 
Ġgantija ("Giants' Tower") is amegalithic temple complex from the Neolithic on the Mediterranean island of Gozo. The Ġgantija temples are the earliest of the Megalithic Temples of Malta. The Ġgantija temples are older than the pyramids of Egypt. Their makers erected the two Ġgantija temples during theNeolithic (c. 3600–2500 BCE), which makes these temples more than 5500 years old and the world's second oldest manmade religious structures after Göbekli Tepe. Together with other similar structures, these have been designated a UNESCO World Heritage Site, the Megalithic Temples of Malta.
The temples were possibly the site of a fertility rites; archeologists believe that the numerous figurines and statues found on site are connected with that cult. According to local Gozitan folklore, a giantess who ate nothing but broad beans and honey bore a child from a man of the common people. With the child hanging from her shoulder, built these temples and used them as places of worship.








Verdere inlligting by:     http://www.sacred-destinations.com/malta/ggantija-temples

                  Kunstenaar se voorstelling van hoe die groot klippe gerol is na die tempelterrein
                                                          peule van die karobboom

Wednesday, 4 May 2016

Met ope arms in Gozo...

My tweede Couchsurfing adres was by Jolita en Gordon in Xlendi op die "baba"eiland Gozo.
   Van die oomblik dat Jolita my by die Mgarr veerboothawe ontmoet het totdat sy my 5 dae later weer daar besorg het, was dit asof ons mekaar dekades lank ken.
    Die rusbank in hulle moderne huis in Xlendi is uit die boonste rakke, maar ek kry 'n privaatkamer en my eie sleutel.
                                en ek word hartlik deur Pupu, die ses-weke oue Persiese kat verwelkom...
                                                   
Pupu hou wag in Gordon se plakkies voor my kamerdeur
Meubelstel vir die terras word afgelewer tydens my besoek...
en ons wy die nuwe meubels in met Fitura, bier en wyn!

Jolita is 'n sake-administrateur van Lithaue en al 5 jaar met Gordon getroud.
Hy is 'n Maltees en 'n toegewyde gim-onderwyser in Victoria, hoofstad van Gozo.


My klein geskenkies uit SA..
Hulle eetkamer met trappe na hoofslaapkamer en terras
Seniorkat Katyte se huis
Ek is elke aand verwen met 'n sjokolade uit hierdie doos!

Uitsig oor Xlendibaai vanaf my gaspaar se straat

Fort aan die linkerkant van Xlendibaai

2011
2016


Gasvryheid uit die boonste rakke op Gozo  (bydrae vir Skryfkring,,,)

A stranger ‘s just a friend you do not know, sing Jim Reeves aan die einde van my skoolloopbaan in die vroee Sestigerjare.
               My Karoodorp, Middelburg, is klein en mense ken mekaar. Vreemdelinge is meestal die handelsreisigers wat verbykom en die landboustudente op Grootfontein… maar hulle raak ook ou bekendes voordat die tweejaar- diploma afgehandel is.
                Intussen verander die wereld en ek raak katvoet vir onbekendes wat swendel en met die grootmaak van kinders is daar veldtogte wat waarsku:   Don’t talk to strangers.
                Tussen die twee “pole” bevind ek my met die aanpak van alleenreise die vreemde in.   Geen groot gevare beval my nie en so beland ek in my eerste dekade van senior-wees op ‘n internasionale reisigers “vriendekring” met die titel COUCHSURFING.  Alles op aandrang van my dogter en gou kry ons versoeke van vreemdes om ‘n nag of twee op die gastebed in ons Stofpaleis deur te bring.
               Die afgelope jare speel ons gasvrou vir reisigers uit alle windrigtings.  Waneer hulle na ‘n nag of drie vertrek, voel dit soos afskeid van familie.  Met heelwat van die mense voer ek en Kia nog  kuber-korrespondensie.
              Nooit in die tyd, oorweeg  ek dit om ‘n gratis rusbank of  opslaanbed  oorkant die water te soek nie.  Totdat my dogter haar voet neersit met die reel van my onlangse reis na Malta. 
             Daar sit ek toe een besige Vrydagmiddag by die veerboot-terminaal  in Mgarr op Gozo in die Middellandse see en wag vir Jolita. Gozo is ‘n 40-minute bootvaart van die noordelikste punt van Malta.  14km x 7km klein,  en nie eers  ‘n speldeprik op die wereldkaart nie….
             Van die oomblik dat ek die pragtige vrou van Litaue ontmoet, gaan dit klopdisselboom. Jolita het ‘n meestersgraad in Sake-administrasie aan die universiteit van Malta kom doen, het gebly, en is vyf jaar gelede met Gordon, ‘n Liggaamsopvoeding en Biologie-onderwyser getroud.  Gordon is ‘n boorling van Gozo en een van 30 000 inwoners op die eiland. Hulle verkies om Gozitane genoem te word.
             Gordon en Jolita woon in die pragtige seedorpie Xlendi, aan die suid-weste van die eiland, en terwyl  Jolita my heldergroen koffer uit die kattebak voor hulle huis haal, kom Gordon, Katyte en Pupu my ontmoet.  Laasgenoemde is twee Persiese katte.
            ‘n Privaatkamer met regte bed wag op my in hulle moderne,  minimalistise huis en die geur van ‘n tuisgemaakte  oondgereg bevestig die verwelkoming.
           Vir vyf nagte is ek ‘n gas in hierdie interessante, gasvrye egpaar se huis op die veiligste plek  waar ek nog in die wereld rondgeloop het.  Hulle lei besige lewens. Jolita werk naby die lughawe op Malta en verlaat die huis weeksoggende om 5:20.  Wanneer sy na 6:30 smiddae huistoe kom is Gordon besig om aandete te berei en dan gaan sit ons op die dakterras  met uitsig oor die pragtige Xlendi-baai om die Godgeverfde sonsondergang saam met Gordon se  aandete te geniet.
     Couchsurfing is op die waardes van respek en vertroue gegrond.  Dus vra ek dadelik wat die huisreels is hoewel ek dit reeds kon agterkom op Jolita se profiel wat ek vooraf op die Internet gelees het.  Ons is susters op mekaar se golflengtes:  Laat alles net soos jy dit gevind het, of maak dit skoner!  Deel jou inkopiesak met mekaar….   By Jolita is daar ook ‘n geen skoene in die huis beleid.   Almal gebruik huispantoffels of stap op sokkies.
          Met ‘n huissleutel in die hand en ‘n betroubare busdiens kon ek vir vier dae daardie besonderse eiland deurkruis en sy geheiminisse ontdek.  Gozo is veral bekend vir die Gjantija tempels naby die dorpie Xaghra. Dit is ’n monolitiese struktuur, ouer as Stonehenge en die Giza piramimdes.
          Elke dag was ‘n verrassing.  Aprilmaand was die weer puik en die see asuur-blou.  Elke aand wou my gasheer weet hoe ek die dag geniet het en waar ek was en elke aand het ek wenke vir my volgende dagplan gekry.
         Met my vertrek ry ek saam met Jolita na die veerboothawe toe. Dis donker, maar gou is daar ‘n stralekrans  van lig wat my stomslaan. Die Citadella in die hoofstad Victoria is helder verlig… en dan nog ‘n ligbaken en nog een verskyn asof uit die niet. Dis die kerke van  Sieggewi, Zurrieg en Birzebbug wat heelnag helder verlig is.   Wat ‘n besonderse afskeidsgroet van die klein juweel-eiland.
        Jolita ry met my tot in die maag van die veerboot wat haar elke werksoggend Malta toe neem. Ek gee vir haar ‘n 5 euro noot om vir my vaart te betaal.  Saam met die kaartjie kry ek ‘n handvol kleingeld.  “ Dit is te veel,”  protesteer ek.   
        “It is  fine. See, you look like a Gozitan already!”