Verlede Vrydag moet ek remme slaan by De Toren. Die peerbome staan in bot. 'n Ligte windjie skud die bloeisels konfettistyl oor die grondpad en die nuwe groen lote van die wilgebome viool 'n simfonie.
Ek laat die foto's praat ...
Peerbloeisels
Wisteria
Parmantige huisie
Ou Shell pomp ... nou wil hulle hidrobreek!
By Heidi Boekkooi se huis
Oulike winkel-interieur
Kaasbord by die brouery
Fees perdekar met Nina Boekkooi heel regs
Binne voer die local A Flea in her Ear op en buite stoei die agies vir afloerplekMy gasvroue Reinet en Anja het hulle gastekamer tot my beskikking gestel. Ek en Mila, die Golden Retriever het goed oor die weg gekom. Sy het deur my bagasie gesnuffel asof ek 'n dwelm muil op O R Thambo is.
Reinet bou 'n blikhuis langs die sementdam
Karoo meermin hou wag oor stille waters