: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Friday, 10 March 2023

Trancoso kasteel

Einde Oktober 2022... Nat dag maar Emile wil kasteel toe...
Uitsig van bo...
  
Hulle huureindom aangedui deur oranje pyl. 
Trapgang links om besoekers te help om makliker bo te kom.
Boonste twee fotos op FB gekry. 

Ilan is bo!   Windplaas op agtergrond. 

Yael! 

Die pad huistoe... 


Kasteelmure vroegoggend



Monday, 6 March 2023

Yael se 3de verjaardag by Quinta Das Boicas

15 Oktober 2023
 Mooiste weer vir laatherfs en die partytjietafel is gereed op Jacques se huis se stoep. 
Jana het die koek gebak en ons het laat nag met die versierings begin.
     Yael is op die Peppa-stadium en sy was in haar noppies met koek en geskenke.
  

Yael het Kia se geskenk hempie oor haar ouma Elize se prinsesrok aangetrek en hier speel sy en Ilke met hulle sambrele. 
   In die middag is ons Decathlon toe (Guarda). 
    Yael met haar geskenk van Emile. 
Ilan het sokkerstewels gekry... 
  
En ek... winterstewels wat ek vir 3 weke gebruik het en nou in 'n kas in Misericordia wag! 
    
 

Sondag in Penedono

Winter foto wat ek in Feb 2023 op FB gekry het. 

Ons uitstappie was op 16 Oktober 2013
Middeleeuse wapens by die pas gerestoureerde kasteel.
Ons eet by n restourant met Middeleeuse dekor naby die Toerisme kantoor.
     Bestel Coteletao de Bilefa vir 3 persone en skyfies vir die kinders. Yael word besig gehou met Peppa. 
     Ek blaai deur die, dorp se tydskrif. Daar is net 3 000 inwoners maar hulle gee 'n volkleur publikasie uit.
BenBen is heel tevrede met die uitstappie! 

Thursday, 16 February 2023

Yael word 3!

Alles pienk! 

In Decathlon, Guarda. ... Pappa koop 'n fiets met trappers. 
Op die laaste warm herfs Saterdag in Oktober vier ons Yael se verjaardag.
    Wat anders as Peppa Pig kan die tema dan wees.
Vroegoggend in haar Prinsesrok.
Familie wag op die stoep van Jacques se huis... 

Saam met niggie Ilke. 


Wednesday, 18 January 2023

Herfsbesoek aan Portugal

Op 3 Oktober saam met Emile vanaf Kaapstad met Swissair.
      In Trancoso is die geluid van treksae hoorbaar. Dis houtmaaktyd... reg vir winterkaggels. Daar is nog baie huise sonder dubbelglasvensters en deure waar kaggels gestook moet word.
       Die bome staan in bruin en geel getooi. 
Trovador se uitstalvenster waar Donna Anna soetwyn adverteer.