Die huis is nou 118 jaar oud.
Die kranklikheid van dak en mure kry deurentyd aandag, die veiligheidsdeure en hekke kry meer slotte. Die tuinhek kry snags ook ketting en slot...
My klereversameling word gesorteer kry stuk stuk plek by welwillendheids-winkels. So ook teepotte, plaatsilwerstukkies, linne, kombuisgoed en noem maar op.
Eintlik maak ek skoon want die houtkewers se aanslag moet behandel word... Dis 'n storie vir 'n ander dag.
Nou loop ek terug in tyd soos ek die items bekyk. My ma se karnaval teekoppies en koekbordjies hou my gedagtes lank besig...
Ook my kinders se wisseltande! Die silwer en invoor houer het ek in 1977 op Kreta gekoop en Die hout enetjie van my skoonsuster Rika gekry.
Met die rondstuur van fotos aan my kinders, laat Eon weet : die verstandtande is myne!
No comments:
Post a Comment