: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Wednesday, 2 October 2024

Besoek aan die Duoro vallei

28 Sept 2024
  Heerlike dag saam met Elize, Kari, Ilke en Yael.
   Treinrit na Pinhoa... 
Lagwekkende verdwaal na Farroa waar die ablusies toegemessel is! 
Teelpaneel wat die druiwe oes uitbeeld.
Middagete by Vintage Hotel. 

Monday, 19 February 2024

Napier NZ in Desember 2023

Ons ry oos in Eon se vakansie. Gaan tuis in Inge se neef Robert se huis. 
     Napier is NZ se Art Deco hoofstad.   Besoek museum en stap deur middedorp waar die grootste konsentrasie Deco geboue is.

Wednesday, 15 November 2023

New Zealand is baie ver...

Wellington, November 2023.
    By Eon, Inge, Ariyah en Ivanah. 
Uitsig van Clementine Way, Crofton Downs, in rigting van die hawe... 

Ivanah is 1!
Ariyah in rok wat Lauraine gestuur het. 
Eon met braairooster, Kia se geskenkhemp en die Springbokvlag uit SAfrika. 
Eerste koppie koffie in NZ. 

Monday, 23 October 2023

Kastaiings, kersies, bloubessies...

Okt 2023
Herfs is kastaiingtyd en daar is baie bome in Trancoso en omgewing. Ek en Ilan het opgetel en geeksperinenteer met die gaarmaak daarvan.
Lente is kersietyd! Hierdie twee bakkies het einde Mei so mooi vertoon op my kombuistafel. 
     Daar is elke begin November 'n fees vir o a produkte van kastaaings en hartelike musiek in die skousaal. 
Emile koop wyn by die fees. 

Emile en Willem behartig 'n bloubessieplaas vir ' n Suid-Afrikaner in die Mondego vallei. 
   In Junie het ons almal gehelp om genoeg vir die huis te oes.. 

Saturday, 23 September 2023

Ilan se museum besoek

Julie 2023
    Die  Isaac Cordoso interpretasiesentrum huisves ook 'n volledige sinagoge.
    Trancoso het tot 1500 ' n gevestigde Joodse gemeenskap gehad.   Die Inkwisisie het egter 'n einde daaraan gemaak. Diegene wat nie aan hul einde gekom het nie, het gevlug of nuwe-Christene geword.
      Ek wou net vir Ilan voorstel aan die sinagoge en 'n paar Joodse gebruike en het dus vir hom 'n persoonlike gids gekry. 
   Hy sien die jad waarmee die "scrolls" gelees word. 
Die shofar. 

Die Torah
Die ingang van Isaac Cordoso is ootkant die Bandarra museum. 
      Volgende keer gaan ons daarheen.