: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday, 22 January 2018

My Karoo-tante word 90!

Alle paaie lei na Middelburg... 
(waar troppies boerbokke vrolik op die sypaadjies wei)



So was dit in November 2017 toe Connie van der Walt se verjaardag gevier is.
My niggie Gerda en haar dogter Laetitia het van die Sondagsriviervallei gekom en gasvrou gespeel vir 'n heerlike ontspanne verjaardagtee....

 
                                        Viering by die Desert Inn, Kerkstraat, Middelburg

Bo: Ek en tant Connie net voor die viering by Desert Inn

Onder: Saam met jongste tante, Edna van Johannesburg

Niggie Linda Jansen van Pretoria steek die skouer-ruiker aan

. Connie (90) en Edna (83)
Die twee oorlewende tantes uit die Smith-familie

Saam met haar oudste kleindogter, Laetitia Erasmus




Edna sny die Karoo-pavlova
Kleinseun Luan van der Walt was seremoniemeester


My niggie Gerda en neefs Gert en Andre

Uitvoerproteas - 'n geskenk uit die Suid-kaap


Altyd gesteld op haar voorkoms...
Die vorige dag by Pat se salon in Meintjiestraat
Lekker byderwets!

Pat verwen haar klante ... 
ek was verbaas oor die moderne aanslag in my grootworddorp

                                                 Die besonderse Art Deco kaggel is in 'n huis in     
                                  Richmondweg  wat tannie Connie se kleinseun Andre tans huur.
                 
     Onder :  'n voorbeeld van gepersde staalplafon in dieselfde huis


Op pad terug Baai toe stop ek by Mengelmoes op Cradock. Hope nostalgie hier te vinde...




      By Daggaboer-padstal naby Cookhouse ontmoet ek die koning van die berge...


Berig in Naspers se nuutste kontreikoerant die Mid-Karoo Express

Friday, 22 September 2017

Wow in Woodstock

Op 2 September kry ek kans om Woodstock na vele jare te besoek.
    Emile, Jana en Ilan neem my eers na niggie Teana Wegner se groot antiek- en decorwinkel in Victoriaweg en daarna na die mark in die "Old Biscuit Mill".  'n Heerlike ervaring...







By die mark...





Daarna gaan kuier Ilan vir sy klein-niggie Chante Wegner by hulle nuwe (huur)huis in Rondebosch.



Wednesday, 14 June 2017

Besoek aan Taalmonument

Mei 2017... Tydens my derde besoek aan die Prins van die Paarl was dit tyd om weer die Taalmonument te besoek...




Terugblik op Europese wittebrood van 1979

Hoewel ek verlede jaar ons uitgebreide reis beskryf het in my boekie SEWENTIG, is daar soveel om nog te vertel
      Een van die gebeure wat ek nooit sal vergeet nie is hoe Arie 'n Oompah orkes in die Loewenbrau-tent by die Oktoberfest gedirigeer het.  Dit was skreeusnaaks. Hendrik Kritzinger was saam met ons daar. Drie dae in die reen en modder!
     Tinie Malan was terselfdertyd in Europa en ons het 'n paar keer in Den Haag ontmoet... asook by die Bierfest in Munchen.
Arie op die podium
Ek en Tinie in Den Haag
Emi en Julio Marcellin in die kampeerterrein  buite Seville
Arie in die tuine van die Alambra
Saam met Joan en Carl Leonhardt en Louisa - Kingston-upon-Thames - Junie 1979
Papawervelde - Noordoos-spanje
Besig om potjiekos te maak  - Seville Mei 1979
Saam met oom Rinus en tante Rie Wegner, Den Haag 
Werk kollegas in die kweekhuise naby Naaldwijk/De Lier
Churros-chef in Cordoba, Spanje
Arie in die beeldetuin van die Kroller-Muller museum in Nederland

Friday, 21 April 2017

Westelike provinsie voel soos buiteland

Reis is altyd opwindend..  
Pas terug van SB woordfees en tydjie by die Prins van die Paarl.

70 dae oud


Hulle is albei lammetjies. Onderste een op doek by uitstalling tydens die Woordfees

Een van die oudste eikebome op Stellenbosch
Onder:   Een van die Jongste "eikebome" in die Paarl