So maak ons kennis met die Kritzinger-egpaar, Koos en Erika. Koos is vriend Hendrik se kleinneef en oorspronklik uit die Langkloof. Hy het 'n visplaas gekoop en kort na die transaksie al probleme opgetel met verskaffers van vislarwes wat hom in langdurige hofgedinge laat beland het.
Erika gee taallesse. Sy is al heel gekonfyt in die krulletjiesalfabet van die plaaslike mense en het genoeg selfvertroue om haar spreek te spreek in 'n restourant, in 'n bus en op 'n mark.
Net voor ons vertrek het ons saam met hulle in die nuut-ontwikkelde Aghmaskenebeli in Tbilisi gaan stap.
Straatmusikant op Sondag!
Fasade pas gerestoureer!
Die land vry na EU-lidmaatskap
Die buurt is kreatief, bedrywig en gesellig!
Van alles en nog wat in die straat
Neef Koos neem 'n ruskans op een van die moderne banke in die stapstraat