Vandaar na Bet Hallel - 'n moshav - en daar by Brenda se Zimmers oornag... kamer vir 4 en jacuzzi. Op moshav rondgestap en vir die eerste keer in die land bomskuilings gesien - bogronds. Voel asook ons op ander planeet was... en met die sitrusboorde as skuilplek, 'n klein weermagbasis!
Ook by Emile en Jana se vriende Einam en Taluska en hulle drie kinders aangedoen... en 'n toer van kibbuts Kfar Blum gekry.
Tal is 'n kunstenares en haar papier mache werke is vol humor...
Netta (bo) en sussies (onder)
Kia wys ons geskenk van die meisies!