Tydens my 3-weke vakansie op die Faroe eilande |
Sewe jaar gelede nooi Jonalisa en Kristian-Martin Rasmussen my om by hulle te kuier op die klein eilandjie Bordoy - deel van die Faroe eilande. Die hele "nasie" bestaan uit 48 000 mense versprei oor 18 eilande, waarvan 16 bewoon word. Die Faroes is onafhanklik maar word ten dele deur Denemarke bestuur.
Die Rasmussens se motorboot in die kleinboothawe
van Klaksvik - hoofdorp van Bordoy
|
Ons sou koffie maak in die kajuit tydens die uitstappie en daarvoor gaan ek na die patisserie om "gebakkies" te koop. Ek onthou nog so goed dat ek vir ons elkeen 'n "Napoleon se hoed" gekoop het - 'n koekie in die vorm van sy hoed met sjokolade bedek.
Die voels se broeiplekke - my kamera te onvoldoende om dit te wys! |
Wat 'n ongelooflike eerste ervaring ... om so ver noord teen 'n hoe spoed te vaar. Kristian-Martin het net gewag dat ons die filterkoffie klaar gemaak het toe trek hy daardie brandstofklep oop en voer toertjies uit. Jonalisa, wat die see ken, moes vinnig af na die kajuit toe. My maag het gedraai en erg met die koffie en Napoleon gespartel maar ek het uitgehou en gemaak asof ek dit elke dag doen.
Klaksvik - uitsig vanaf Jon Rasmussen se huis |
Kristian-Martin en Jonalisa Rasmussen |
Waar die wind altyd waai ...