Napier is NZ se Art Deco hoofstad. Besoek museum en stap deur middedorp waar die grootste konsentrasie Deco geboue is.
rondritz
: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd
Monday 19 February 2024
Wednesday 15 November 2023
New Zealand is baie ver...
Wellington, November 2023.
By Eon, Inge, Ariyah en Ivanah.
Eerste koppie koffie in NZ.
Monday 23 October 2023
Kastaiings, kersies, bloubessies...
Okt 2023
Emile en Willem behartig 'n bloubessieplaas vir ' n Suid-Afrikaner in die Mondego vallei.
Herfs is kastaiingtyd en daar is baie bome in Trancoso en omgewing. Ek en Ilan het opgetel en geeksperinenteer met die gaarmaak daarvan.
Daar is elke begin November 'n fees vir o a produkte van kastaaings en hartelike musiek in die skousaal.
Emile en Willem behartig 'n bloubessieplaas vir ' n Suid-Afrikaner in die Mondego vallei.
In Junie het ons almal gehelp om genoeg vir die huis te oes..
Saturday 23 September 2023
Ilan se museum besoek
Julie 2023
Die Isaac Cordoso interpretasiesentrum huisves ook 'n volledige sinagoge.
Trancoso het tot 1500 ' n gevestigde Joodse gemeenskap gehad. Die Inkwisisie het egter 'n einde daaraan gemaak. Diegene wat nie aan hul einde gekom het nie, het gevlug of nuwe-Christene geword.
Ek wou net vir Ilan voorstel aan die sinagoge en 'n paar Joodse gebruike en het dus vir hom 'n persoonlike gids gekry.
Hy sien die jad waarmee die "scrolls" gelees word.
Die shofar.
Volgende keer gaan ons daarheen.
Friday 25 August 2023
Tyd om te vertrek...
22 Julie 2023
So vinnig is die ongeveer 7 weke verby!
Emile het gevra wat ek graag wil doen voor ons Lissabon toe ry.
My antwoord was om 'n Pastel de Nata te eet. Dit word toe waar met 'n uitstappie na Celerico de Beira maar eers teen die bult uit kasteel toe voor ons by kafeetafel kan aansit.
Die tertjie was lekker maar nie die gehalte van O Trovador in Trancoso nie.
...en daar staan toe ' n Citroen voor die kafee. Ons was 44 jaar gelede met ' n geel een in Portugal!
Net na 1nm ry ons lughawe toe. Ek en Ilan gesels aanmekaar en by 'n petrolstasie koop ons roomys.
Naby die lughawe besoek ons Cantino do Vintage. Groot retro en vintage winkel... ' n fees!
Monday 31 July 2023
Subscribe to:
Posts (Atom)