: : : : : : : : : : > > > Stories van mense en plekke van nou tot ver terug in toentertyd

Monday 22 January 2018

My Karoo-tante word 90!

Alle paaie lei na Middelburg... 
(waar troppies boerbokke vrolik op die sypaadjies wei)



So was dit in November 2017 toe Connie van der Walt se verjaardag gevier is.
My niggie Gerda en haar dogter Laetitia het van die Sondagsriviervallei gekom en gasvrou gespeel vir 'n heerlike ontspanne verjaardagtee....

 
                                        Viering by die Desert Inn, Kerkstraat, Middelburg

Bo: Ek en tant Connie net voor die viering by Desert Inn

Onder: Saam met jongste tante, Edna van Johannesburg

Niggie Linda Jansen van Pretoria steek die skouer-ruiker aan

. Connie (90) en Edna (83)
Die twee oorlewende tantes uit die Smith-familie

Saam met haar oudste kleindogter, Laetitia Erasmus




Edna sny die Karoo-pavlova
Kleinseun Luan van der Walt was seremoniemeester


My niggie Gerda en neefs Gert en Andre

Uitvoerproteas - 'n geskenk uit die Suid-kaap


Altyd gesteld op haar voorkoms...
Die vorige dag by Pat se salon in Meintjiestraat
Lekker byderwets!

Pat verwen haar klante ... 
ek was verbaas oor die moderne aanslag in my grootworddorp

                                                 Die besonderse Art Deco kaggel is in 'n huis in     
                                  Richmondweg  wat tannie Connie se kleinseun Andre tans huur.
                 
     Onder :  'n voorbeeld van gepersde staalplafon in dieselfde huis


Op pad terug Baai toe stop ek by Mengelmoes op Cradock. Hope nostalgie hier te vinde...




      By Daggaboer-padstal naby Cookhouse ontmoet ek die koning van die berge...


Berig in Naspers se nuutste kontreikoerant die Mid-Karoo Express

No comments:

Post a Comment